Boek: Nimmermeer

Jessica Townsend, vertaal deur Jaco Jacobs

ʼn Asemrowende en bekoorlike nuwe reeks oor ʼn vervloekte meisie wat die dood vryspring en haarself in ʼn toweragtige nuwe wêreld bevind, maar dan meer beproef word as wat sy in haar wildste drome sou kon glo . . .

Morrigan Crow is vervloek. Bestem om op haar 11de verjaardag te sterf. Maar toe die klok middernag slaan, word sy deur ʼn merkwaardige man genaamd Jupiter Noord weggevoer na die geheime stad Nimmermeer. Daar word sy genooi om by die Wondergenootskap aan te sluit. ʼn Lewe vol misterie en towerkrag wag op haar – mits sy vier onmoontlike proewe kan baasraak, met behulp van ʼn uitsonderlike talent. ʼn Talent waaroor sy nie beskik nie . . .

Hierdie wonderlike vertaling deur die meesterlike Jaco Jacobs, bring hierdie sensasionele internasionale treffer nou ook na ʼn Afrikaanse gehoor!

Vir kinders in die ouderdomsgroep 10 tot 12.

Oor die outeur

Jessica Townsend woon in Queensland. Sy is gefassineer met publieke vervoer, antieke stede, hotelle, operasangers, Halloween, geheime organisasies en reuse-katte – en al hierdie dinge het toevallig ook ʼn plek gevind in haar bekroonde eerste boek Nevermoor: The Trials of Morrigan Crow. Die langverwagte opvolg, Wundersmith, het ook pas verskyn.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R240,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.