Boek: ‘Nuwe geskiedenis van Suid-Afrika’

Bill Nasson, Hermann Giliomee, Bernard Mbenga

Dié nuwe, bygewerkte uitgawe van die Nuwe geskiedenis van Suid-Afrika sluit bydraes deur gerekende nuwe skrywers in.

Onder redaksie van Bill Nasson word nuwe insig uit die geskiedskrywing en die argeologie ingeweef. Die boek begin by die ontstaan van die mensdom, vertel dan die storie van die Khoi-Khoi, slawe en burgers, die groot migrasies van die pre-koloniale tyd en later trekboere en Voortrekkers. Dan kom die ontdekking van diamante en goud wat die gang van die politiek radikaal verander. Oorlog breek in 1899 uit; ook oorloë in 1914 en in 1939 in Europa laat plaaslik nuwe kragte vry.

Die boek vertel van segregasie, politieke organisasie en verset, en uiteindelik die oorgang. Daarna val die soeklig op die demokratiese presidentskappe en die onverwagte en onvoorspelbare eietydse geskiedenis.

Oor die skrywers

Nasson is ʼn emeritusprofessor in geskiedenis aan die Universiteit van Stellenbosch. Voorheen was hy verbonde aan die Universiteit van Kaapstad, en hy was ʼn genoot by onder meer Cambridge, Yale en die Universiteit van Illinois. Nasson is ʼn bekroonde skrywer en was redakteur van The Journal of African History.

Hermann Giliomee word internasionaal erken as voorste historikus van die Afrikaners. Hy het die prestigeryke Jan H Marais-prys verower, en The Economist het The Afrikaners uitgesonder as die beste geskiedenis van Suid-Afrika wat nog geskryf is. Sy boeke sluit die topverkopers Die Afrikaners en Die laaste Afrikanerleiers in.

Dr. Bernard Mbenga was aan die hoof van die Geskiedenisdepartement aan die Noordwes-Universiteit. Hy het wyd gepubliseer in akademiese joernale en is mederedakteur van die New Cambridge History of South Africa. Hy het gedien in die redaksies van die South African Historical Journal en The Journal of African History.

Uitgewer: NB-Uitgewers
Prys: R420,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boeke by Graffiti Boeke  

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Harley Davidson ·

Geskiedenis is Geskiedenis en moet geskryf word vir die nageslag maar die feite moet korrek wees en nie aangepas word om ‘n sekere groep te pas nie.

Nierkie ·

As Hermann Giliomee betrokke was met die opstel van die boek kan mens maar glo dat die inligting korrek vervat is, die man weet waarvan hy praat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.