Boek: Regsalmanak

Gustaf Pienaar

Regsalmanak: 100 stories uit ons regserfenis is ʼn keur uit die rubriek Regsalmanak wat Gustaf Pienaar sedert 2012 op gereelde grondslag vir LitNet lewer. Die 12 hoofstukke se titels is die 12 maande van die jaar, en elke maand het datumverwante verhale, telkens met ʼn regsinhoud. Pienaar put uit gepubliseerde hofverslae vir hierdie vermaaklike dog leersame verhale.

Regter Burton Fourie, wat die voorwoord tot die boek skryf, beskryf Regsalmanak as volg: “Vir almal – jonk en oud – behoort hierdie publikasie van groot waarde te wees, veral om die implementering van regsbeginsels op praktiese vlak te ervaar. In hierdie opsig is die skrywer werklik ʼn meester. Regsbeginsels word deur die gebruik van keurige Afrikaans verduidelik en toegepas. Daardeur word soms ingewikkelde regsbegrippe vir almal toeganklik gemaak. Derhalwe is die werk ʼn hoogs genotvolle reis deur ons regsgeskiedenis.”

Oor die outeur

Gustaf Pienaar is ʼn boorling van Brits, ʼn oud-Volkie (Heidelbergse Hoër Volkskool) en een van die pionierstudente (1968) van die Randse Afrikaanse Universiteit (RAU), deesdae UJ. Hy verwerf die volgende kwalifikasies: BIur LLB (RAU) LLM (PU vir CHO) Gev. Dip. Arbeidsreg (RAU). Na ʼn loopbaan van 11 jaar by die SAUK as omroeper by die destydse Afrikaanse radiodiens en later as bestuurder: Uitsaainavorsing het hy hom as prokureur bekwaam en 25 jaar lank in daardie hoedanigheid te George gepraktiseer. Sedert 2012 is hy advokaat van die Hooggeregshof van Suid-Afrika.

Behalwe vir sy rubriek op LitNet, skryf hy gereeld artikels en rubrieke vir Die Burger en Rapport Weekliks.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R295,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.