Boek: Rivierplaas – Alba Bouwer-omnibus

Alba Bouwer

Die alomgeliefde skrywer Alba Bouwer sou in 2020 haar 100ste verjaardag vier. Haar Rivierplaas-stories het klassieke status in Afrikaans verwerf. Dié heruitgawe bring hulde aan die skrywer se welbekende stories van Alie, en Rivierplaas se mense, met die oorspronklike illustrasies deur Katrine Harries.

Oor die skrywer

Bouwer (1920 – 2010) het in 1950 by die redaksie van die Sarie Marais aangesluit waar sy dertien jaar as assistentredakteur gewerk het. Sy het in 1955 haar debuut as skrywer gemaak met Stories van Rivierplaas. Bouwer se enigste roman vir volwassenes, Die afdraand van die dag is kil, is in 1992 deur Tafelberg Uitgewers uitgegee.

Genre: Jeugfiksie
Ouderdom: 14 jaar en ouer
Prys: R290,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek en e-boek by NB-Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.