Boek: ‘Sal ʼn skilpad op jou piepie?’ – Jaco Jacobs

Jaco Jacobs 

Eeuw! Jig!
Sies! Bleg!
Dit is WALGLIK, maar dit is WAAR! WEES GEWAARSKU: Hierdie boek is propvol feite wat jou kan NAAR MAAK en laat GRIL!

Wat is ʼn snotblom? Hoe groot was ʼn T-rex se poef? Eet party mense regtig paddaboudjies – en hoe smaak dit? Wat is hiënabotter? Watter dier se piepie ruik soos warm springmielies?

Word gril-gril slim en ontdek die grieselige kant van die natuur met hierdie prettige boek wat jong feitevrate sal laat ril van lekkerkry!

Sal ʼn skilpad op jou piepie? en ander gruwelike en grillerige vrae oor die natuur deur Jaco Jacobs volg op die gewilde Kan ʼn walvis winde los? en ander gruwelike en grillerige vrae oor diere wat in Augustus 2020 by Lapa Uitgewers verskyn het.

Prys: R135,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke  

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.