Boek: Slagoffer

François Smuts

Dawid Neethling is ’n suksesvolle, getroude psigiater op Stellenbosch. Wanneer die beeldskone musiekstudent Eva Rodriguez sy pasiënt word, kan hy hom nie indink langs watter paadjies sy hom sal laat loop nie. Kort voor lank staan hy in die beskuldigdebank op aanklag van moord, en dan begin onbeheersde kragte uitspeel wat uiteindelik sy eie lewe sal bedreig.

Oor die skrywer

François Smuts is al 22 jaar ’n advokaat, maar was ook al staatsaanklaer, landdros, regter en regsadviseur.  Hy het voorheen ’n regsrubriek, ’n kookboek en ʼn regsboek vir leke geskryf. Smuts is passievol oor mense, musiek, stories en idees.  Hy woon teen Seinheuwel saam met sy tuinier-kosskrywer-vrou en twee seuns.

Prys: R280,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by NB-Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.