Boek: Somtotaal

Anchien Troskie

Ester Labuschagne en Nonthando Majolo het saam grootgeword op ʼn afgeleë plaas in die Oos-Kaap. Hulle was boesemvriendinne – tot een dag van verraad. Nou, soveel jare later, met Nonthando se dogter Mila self al ʼn volwasse vrou, kom spook die verlede by Ester. Met dié nuwe roman vestig Troskie haar opnuut as meevoerende skrywer. Dit is ʼn storie wat geen leser onaangeraak sal laat nie. Troskie skryf met groot vertedering, maar ook met humor.

Oor die skrywer

Dis ek, Anna is in 2004 onder die skuilnaam Elbie Lötter uitgegee. Troskie se tweede boek, Nooit is ’n lang, lang tyd is in 2008 onder haar eie naam uitgegee. Daarna het gevolg Die besoeker, Die staat teen Anna Bruwer en Vermis op Allesverloren. Troskie woon op ’n plaas in die Oos-Kaap.  

Prys: R250,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek en e-boek by NB-Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.