Boek: Vakansiepret 2: Vlieërs en filmsterre

Vakansiepret Vlieërs en filmsterreTheresa van Baalen

Jana en Alisha is verveeld. Dit is veels te koud en winderig om te gaan swem, maar dan ontdek hulle twee vlieërs. Dit is die perfekte dag om daarmee op die strand te gaan speel!

Ongelukkig besluit Jana se boetie, Tiaan, en sy maatjie, Rudie, hulle wil saamkom. Kort voor lank veroorsaak die twee seuntjies chaos. Hul vlieër raak met Jana s’n verstrengel en die tou breek!

Jana en Alisha is desperaat om hulle vlieër terug te kry en sit dit agterna. Dan beland hulle heel onverwags op ʼn filmstel waar die beroemde tienerakteur Clint du Bell besig is om sy nuutste fliek te verfilm. En die filmspan is op soek na meisies om as ekstras in die fliek te speel.

Skielik lyk dit of vandag die beste dag óóit gaan word!

Oor die outeur

Theresa van Baalen se eerste twee prenteboekpublikasies, Aspris-krokkedis en Karla Krullebol, is albei met ATKV-Kinderboektoekennings bekroon. Aspris-krokkedis het ook in 2012 die Tienie Hollowaymedalje vir Kleuterliteratuur ontvang. Theresa is veral bekend as skrywer van die gewilde Sanri Steyn-reeks. Sy het al in ander genres ook geskryf, maar kinderstories sal altyd haar eerste liefde wees. Sy sê om vir kinders te skryf is pret en voel nie na werk nie. Sy hou daarvan om na die sterre te kyk, foto’s te neem en in haar tuin te werk. Sy het onlangs begin om haarself te leer kitaar speel, maar sal liewer nie haar rekenaar permanent vir ʼn kitaar verruil nie.

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R110,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.