Boek: ‘Vetplantfeetjies’ – Antjie Krog, Ingrid de Kock

Antjie Krog, Ingrid de Kock 

Suider-Afrika het die rykste en uiteenlopendste groepering vetplante ter wêreld.  In Vetplantfeetjies, wat volg op Fynbosfeetjies, verskyn ʼn versameling kinderryme en pragtige kunswerk oor inheemse vetplante wat ook feetjies is.

Die verse is deur Antjie Krog en Ingrid de Kok geskryf, en Fiona Moodie het die volkleur kunswerke geskep. Soos in Fynbosfeetjies kry die plante se wonderlike volksname lewe en word die wetenskaplike name ook aangedui.

Vetplantfeetjies het pas by Penguin Random House verskyn. Die uitgewer meen hierdie boek het die potensiaal om gou ʼn klassieke werk te raak.

Uitgewer: Penguin Random House
Prys: R220,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boeke by Graffiti Boeke  

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.