Boek: ‘Voëls van Suider-Afrika: Die volledige fotogids’

VELD Voëls van Suider-Afrika: Die volledige fotogids bring die jongste foto’s, navorsing en verspreidingsdata oor alle voëlspesies wat tot op hede in Suider-Afrika aangeteken is, byeen. Hierdie veldgids bevat nagenoeg 2 000 pragtige kleurfoto’s, asook:

  • die jongste inligting oor die 991 voëlspesies in Suider-Afrika
  • bondige inskrywings wat fokus op identifikasie, moontlike verwarring, gedrag en habitat, asook verskille in geslag, ouderdom, kleurvariasies en subspesies
  • opsommende inligting oor elke voëlspesie se grootte, kos, status en sosialiteit
  • bygewerkte, kleurgekodeerde verspreidingskaarte wat elke voël se status en digtheid aandui
  • ʼn volledige en verkorte register
  • ʼn app met voëlroepe en bykomende foto’s van kleurvariasies.

Hierdie gids is ʼn onontbeerlike metgesel, of jy nou buite in die veld of op die rusbank in jou huis is.

VELD Voëls van Suider-Afrika: Die volledige fotogids is deur Burger Cillié, Niel Cillié, Phil Penlington, Trevor Hardaker en Karin Wiesler saamgestel. Die boek word deur Jonathan Ball uitgegee.

Oor die samestellers

Burger Cillié is ʼn bekroonde natuurfotograaf met meer as 30 jaar ondervinding. Hy is die skrywer en medeskrywer van meer as 15 boeke en lewer gereeld praatjies oor Suider-Afrikaanse voëls en wild.

Niel Cillié is ʼn bekende fotograaf van Suider-Afrikaanse voëls en wild. Hy is ʼn grafiese ontwerper en skrywer verbonde aan Game Parks Publishing met ʼn spesiale belangstelling in roofvoëls.

Phil Penlington is ʼn ervare voëlkyker en -fotograaf, die medestigter van birdpics.co.za en ʼn gereelde deelnemer aan BioChat.

Trevor Hardaker is een van Suid-Afrika se mees ervare voëlkykers. Hy is die voorsitter van BirdLife South Africa se nasionale seldsaamheidskomitee en besit en bestuur die e-nuusbrief Southern African Rare Bird News.

Karin Wiesler is ʼn kranige voëlkyker en -fotograaf met ʼn graad in omgewingsleer en ʼn kwalifikasie van die Suider-Afrikaanse Vereniging van Veldgidse (FGASA).

Uitgewer: Jonathan Ball
Prys: R695,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke  

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

groenboer ·

In die reël werk goeie illustrasies baie beter vir voëluitkenning as foto’s. Klink nietemin na ‘n heel goeie boek – die prys ongelukkig baie ver bo my begroting!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.