In 2019 het die Voetspore-manne hul dertiende ekspedisie aangepak. Dié keer het hulle hul paspoorte by die huis gelos en net in Suid-Afrika gereis. Die ekspedisie het in die Kalahari begin en daarvandaan ’n draai gemaak in die Richtersveld, Namakwaland, Tankwa-Karoo, Klein-Karoo, Baviaanskloof, die Wildekus, suidelike Drakensberge, KwaZulu-Natal, om eSwatini, in die Wolkberge, die Limpopovallei en terug na die Kalahari.
Benewens pragtige foto’s van die mooiste dele van ons land bevat hierdie reisgids ook:
- Name en telefoonnommers van gidse in elke streek
- 4×4-roetes
- Verblyfbesonderhede
- Paklys
- Afstande tussen dorpe
- Inligting oor beskikbaarheid van vulstasies en gesondheidsorg
- Wetenswaardighede
Ander titels in die Voetspore-reeks sluit in Voetspore op die ewenaar (2014), Voetspore: Agulhas tot Alexandrië (2013) en Voetspore: Casablanca tot die Kaap (2011).
Oor die skrywer
Johan Badenhorst is ’n televisiepersoonlikheid, programvervaardiger en avonturier. Hy is die eienaar van KewTV Produksies, die Voetspore-winkel en Voetspore Safari’s. Johan is getroud met Alma, hulle woon op Kleinmond in die Overberg en het drie kinders, Nina, Heleen en Streicher.
Prys: R225,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke