Boek: ‘Vreesloos’ – Christien Neser

Christien Neser

Vreesloos? Elle is eerder vrek bang. Haar matriekjaar spoed ten einde. Sy wil brieke gooi, want sy weet nie of sy kans sien vir ’n lewe anderkant die rooibaksteenmure van Gravitas nie. Waar ander meisies planne maak vir hul groot matriekvakansie, probeer sy daarvan vergeet. Sy wil elke laaste oomblik met oorgawe geniet. Soos die matriekdans.

Op hierdie dans gaan sy ’n laaste kans kry om haar stempel af te druk. Dit moet onvergeetlik wees, veral vir die nuwe hoofmeisie en die graadelfs. Alles is droommooi: van die statige ou skoolgeboue tot haar metgesel in sy donker pak. Alles is supermega-stylvol: van die oerwoud in die skoolsaal tot die gourmet-disse op die tafel. Mevrou Bender is op haar pos, goedkeurend en in beheer.

Wat kan skeefloop?

Net mooi alles.

As haar droomdans dan wel onvergeetlik is, maar om al die verkeerde redes, moet Elle keuses maak. Sy en Refilwe moet die gevolge dra, want hulle is die gesig van Gravitas.

En wat wag vir Elle en Refilwe aan die einde van die eksamen? Gaan dit ’n vakansie in ’n pienk bikini wees, of ’n verblyf in ’n tronksel in ’n oranje oorpak?

Oor die skrywer

Christien Neser is ’n opgeleide spraakterapeut wat onder meer ’n honneursgraad in Frans en ’n meestersgraad in toegepaste linguistiek het. Neser en haar man, Thys, is in Parys, Frankryk, getroud, maar woon deesdae in Bryanston, en het drie kinders, Louise, Michael en Chris.

Prys: R200,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by 
Lapa Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.