Boek: ‘Vrydagaand’ – Elsa Winckler

Elsa Winckler

Vrydagaand, saamgestel deur Elsa Winckler, bevat 27 liefdeskortverhale deur bekende en opkomende Afrikaanse skrywers.

Laat die week en sy gewoel agter met dié stories uit die pen van Juanita Aggenbach, Bernette Bergenthuin, Henk Breytenbach, Malene Breytenbach, Alma Carstens, Alta Cloete, Leona Conradie, Trisa Hugo, Madelie Human, Jaco Jacobs, Anzil Kulsen, Kristel Loots, Cliffordene Norton, Susan Olivier, Didi Potgieter, Gerrit Rautenbach, Felicia Snyman, Cecilia Steyn, Dibi Symington, Louise van der Merwe, Santie van der Merwe, Nanette van Rooyen, Frenette van Wyk, Antoinette Venter, Louise Viljoen, Magdaleen Walters en Winckler.

Oor die samesteller

Winckler skryf heeltyds en haar liefdesverhale is al verskeie kere bekroon, onder meer met die rooi rose/Lapa-liefdesverhaalprys en talle ATKV-Woordveertjies vir romanses. Sy woon in Bettysbaai.

Prys: R325,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke  

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.