Boek: ‘Ware spookverhale van Suid-Afrika’

Daniël Lötter

Dit spook beslis al sedert die oertyd in Suid-Afrika, maar die skrywer begin sy hervertelling van dosyne ware spookverhale met ’n vreemde voorval in November 1653 op ’n seilskippie in Tafelbaai, die eerste opgetekende geval.

Die magdom ware stories in Ware spookverhale van Suid-Afrika is tematies ingedeel volgens die soort verskynsel, van verjaarspoke, saampraatspoke en tydspronge, tot spookmotors, spookdiere, voorbodes en sieners. Die verteltrant is lig en gemaklik met skeute humor.

Oor die skrywer

Daniël Lötter is ’n boorling van die Bo-Karoo waar hy die kuns van storievertel by meesters op dié gebied geleer het. Sy eerste twee boeke, Die grootpad is ’n grondpad en 17 maal moord, het albei in 2020 by Protea Boekhuis verskyn en is goed ontvang.

Prys: R250,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Protea Boekhuis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.