deur Nathan Trantraal
‘n Oorrompelende debuutbundel wat stem gee aan die lewe in en om die Kaapse vlakte. Geskryf in die taal eie aan die gebied, hanteer die skrywer die alledaagse lewe op die Kaapse vlakte met kragtige verse wat die leser laat huiwer tussen lag en huil.
Oor die outeur:
Nathan Trantraal is in 1983 in Kaapsrad gebore. In 2003 debuteer hy en sy broer, André, met hul eerste strip, Urban tribe, vir die Cape Argus. In 2008 publiseer Tafelberg die grafiese roman Stormkaap: Drome kom altyd andersom uit. Daarna het Jincom-uitgewers Coloureds uitgee. Tans teken hy die weeklikse strip The Richenbaums vir die Cape Times. Hy is getroud met Ronelda S. Kamfer en pa van ‘n dogtertjie, Seymour. Chokers en Survivors is sy debuutdigbundel.
Uitgewer: Kwela boeke
Prys: R175-00*
*Prys onderhewig aan verandering