Elsa Winckler lees voor uit ‘Vreugde vir Larissa’

Larissa Schoeman gaan Nederland toe om daar verder te studeer. Dan hoor sy die jong Chandré wie se aanrandingsaak sy vantevore behartig het, is vermoor. Larissa weet wie die skuldige is, en sal nie rus voor hy aan die pen ry nie. Noodgedwonge keer sy na Suid-Afrika terug.

By haar geliefde vriendin Reina en dié se man, Derek, word sy met Gideon, Derek se broer, gekonfronteer. Gideon is die een wat deur geheimsinnige nagmerries geteister word. Sal geregtigheid geskied en sal Larissa en Gideon saam vreugde kan vind?

Oor die skrywer

Elsa Winckler is ’n gewilde skrywer van liefdesverhale. Sy het al die gesogte ATKV-Woordveertjie vir haar romanses gewen. Dit sluit Tussen jazz en rock, Te eenders, te anders en Liefde in laslap in.

Vreugde vir Larissa is die laaste in die gewilde McGregor-reeks ná ’n Brief vir Reina en ’n Belofte vir Bippie.

  • Luister hierbo na ʼn voorlesing uit Vreugde vir Larissadeur Elsa Winckler. Die voorlesing word in samewerking met die skrywer en uitgewer moontlik gemaak. Neem kennis dat die voorlesing nie in ʼn klankateljee opgeneem is nie, maar deur die skrywer self.
  • Lees hier ʼn uittreksel uit Vreugde vir Larissa. Die uittreksel is goedgunstig deur Lux Verbi, ʼn druknaam van NB-Uitgewers, verskaf.

Prys: R200,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by NB-Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.