Luister: Peter Hain maak stem dik teen renosterstropery

Argieffoto: Reint Dykema

Die verhandeling in diereprodukte en stropery is ekonomie op sy eie, dit vergelyk goed met die handel van dwelm, wapens en selfs geldwassery, lewer ʼn ongelooflike $230 miljard (sowat R343 biljoen) per jaar op.

Op sy dag was lord Peter Hain ʼn kampvegter teen apartheid en ʼn Britse kabinetsminister, en nou veg hy steeds vir geregtigheid in Suid-Afrika. Hy het sy stem intussen gevoeg by dié van talle omgewingsaktiviste wat pleit om die bewaring van Afrika se natuurlewe.

Hain, wat beslis meer bekend is vir sy nie-fiksie van ʼn politieke aard, het met sy eerste spanningsverhaal, The Rhino Conspiracy, die kollig vierkantig geplaas op hoe korrupsie in die politieke arena die hande van renosterstropers en wildlewehandelaars versterk.

Hain het met Maroela Media oor The Rhino Conspiracy gesels. Hy verduidelik waarom hy die boek as ʼn spanningsverhaal aangepak het en glo daar is hoop in die stropingskrisis van die natuurlewe in Afrika.

Lord Peter Hain het met Maroela Media gesels oor sy boek “The Rhino Conspiracy”. (Foto: UK Parliament/Jonathan Ball Publishers)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.