‘n Video wat jou meer vertel van die boekie volg onderaan die berig. Daar is reeds meer as 1.5 miljoen boeke in die reeks wêreldwyd verkoop in 25 verskillende lande! Hierdie reeks is ‘n wegholsukses.
Ontwerp jou eie sprankelende en stylvolle klereversameling! Kies jou materiaal uit die patroonpapier, plaas die stensil daarop en trek die buitelyne van die kledingstuk van jou keuse af. Sny dit uit en plak dit op jou model. Jy kan haar dan inkleur en plakkers byvoeg om jou supermodel se uitrusting perfek af te rond!
Sluit drie bladsye met stensils, 16 bladsye patroonpapier, 32 modelle en 1 bladsy met plakkers in.
Dit is lekker modepret vir meisies bo 7 jaar oud!
Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R74-95*
* Prys onderhewig aan verandering