Neels van Jaarsveld lees voor uit ‘Merk’

Rudie van Rensburg

WAARSKUWING: Die voorlesing bevat kru taal wat nie geskik is vir kinders of sensitiewe lesers nie.

Kassie het geglo sy speurderdae is getel ná die Medusa-pedofielsaak, en sy hartaanval. Maar ses maande tuis bring perspektief – hy is ’n speurder in murg en been. Terug by die Spookeenheid word hy en kollega Rooi Els dadelik by die diep kant ingegooi: Hulle moet ’n reeksverkragter vastrek – een wat sy slagoffers met ’n brandyster merk. Is die skuldige die man wat beskryf word as “’n weerwolf met die sperm van ’n wildehond”? Of lê die antwoord by die spesifieke merk wat hy op sy slagoffers laat?

Oor die skrywer

Rudie van Rensburg is in Bloemfontein gebore. Hy het sy loopbaan as joernalis by Die Volksblad begin, was medestigter en uitgewer van Bloemnuus en later redakteur van Die Ekonoom. In 1987 het hy Kaap toe verhuis. Sy skilderye is opgeneem in versamelings hier sowel as oorsee. Sy romans sluit in Slagyster, Kopskoot, Judaskus, Pirana en Kamikaze.

  • Luister hierbo na ‘n voorlesing deur Neels van Jaarsveld uit Rudie van Rensburg se jongste spanningsroman, Merk. Die voorlesing is deur NB-Uitgewers vervaardig en goedgunstig aan Maroela Media verskaf.

Prys: R220,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek en e-boek by NB-Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.