[promosie-artikel]
Karen de Villiers
Lindie en Adam het langs mekaar grootgeword. Nou is hulle volwasse en woon in dieselfde huis. Hulle is soos broer en suster, maar ’n vakansie in Marokko verander alles. Sal Adam Lindie se hart kan verower?
Oor die outeur:
Karen de Villiers is gebore in Pietermaritzburg, maar bly die afgelope 21 jaar in Bloemfontein. Sy werk al 28 jaar in die staatsdiens. Sy is getroud en het twee kinders. Sy is baie lief vir lees en kamp. Op 12-jarige ouderdom het sy haar eerste roman gelees en kon sedertdien nie ophou lees nie.
Karen is ook die skrywer van Olie en vuur.
Romanza-klub
Romanza gee maandeliks vier romanses uit. Word meegevoer deur die liefde! Sluit aan by Romanza-klub:
- Jy kry twee Romanza’s teen slegs R100 per maand
- ʼn Gratis sesmaande-subskripsie vir Rooi Rose
- 30% afslag op alle boeke uitgegee deur Lapa
Help soek na die volgende Romanza-ridder
Lapa-Uitgewers het ʼn soektog van stapel gestuur om ʼn ridder te vind. ʼn Moderne ridder, bygesê. Hierdie ridder het ʼn hart van goud, maagspiere van staal en kan enige vrou laat swymel met sy voorkoms en persoonlikheid.
Die ses finaliste van dié kompetisie is aangekondig. Wie gaan met die titel wegstap? Stem nou om jou gunsteling-Ridder te ondersteun. Jy het nog kans tot 26 Februarie om jou gunsteling te ondersteun.