Skryf in vir ons liefdesverhaalkursus en gesels met Elsa Winckler

skryfnet-roman-facebook-02-5sept-003.jpDeelnemers wat inskryf vir die tweede rondte van Skryfnet se gewilde Skryf ʼn liefdesverhaal-kursus wat op 13 Februarie 2023 afskop, sal nou ook die opwindende geleentheid hê om met Elsa Winckler te gesels.

Dié kursus wat deur Madri Victor, gesoute boekeredakteur en manuskripontwikkelaar, ontwikkel is en aangebied word, skop oudergewoonte met ʼn regstreekse aanlyn verwelkomingsessie af waarvan dié gewilde skrywer wat bekend is vir verhale soos Die vroue van Kosmoslaan en vele meer, deel is.

Tydens dié opwindende sessie sal deelnemers nie net waardevolle raad van Elsa ontvang oor die skryf van liefdesverhale nie, maar ook die geleentheid kry om vir haar vrae te vra.

019-mgphotography-elsawinckler-23feb2022-d3s4258-002-002.jpg

Elsa Winckler (foto verskaf)

Skryf ʼn liefdesverhaal sal oudergewoonte aanlyn aangebied word oor ʼn tydperk van ses weke. Dit is ʼn praktiese skryfkursus wat fokus op die belangrikste elemente van liefdesverhale.

Deelnemers aan hierdie kursus sal leer hoe om oortuigende karakters te skep en hul drome en motiverings gebruik om hul verhaallyn woema te gee en spanning te bou.

Daar word boonop gefokus op die vroueperspektief en hoe ʼn skrywer in ʼn heldin se lyf kan klim. Die kursus maak deelnemers ook touwys hoe om liefdesverhale vir publikasie voor te lê.

Om jou plek te bespreek, klik hier.

Deelnemers wat die kursus voltooi, ontvang ʼn sertifikaat van Akademia.

Die kursus kos R2 250 per persoon.

Inskrywings sluit op 10 Februarie 2023, so daar is nie meer baie tyd oor nie. Bespreek nou jou plek.

Vir meer inligting oor die kursus besoek ook Skrynet se webwerf, stuur ʼn e-pos na [email protected] of volg ons op Facebook en Instagram.

Skryfnet is ʼn projek deur Maroela Media en Akademia.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.