Antjie Krog
Sporrie se feetjie
hoe bibber die bossies
hoe ruk die wind
sien jy hoe bewe
blou flentertjies, kind?
sporrie se feetjie
staan en koes
sy vryf haar armpies
vinnig en woes
daar begin sy nies
haar ogies skoon blind
te erg is te erg
en te erg is die wind
trek aan jou trui
klein liefste van my
die wind en die koue
mag jou ruggie nie kry
Uit: Mankepank en ander verse deur Antjie Krog
Uitgewers: Tafelberg, 2011
Vir meer inligting oor die boek, klik hier.