Video: Francois Smith gesels oor ‘Die getuienis’

Francois Smith

Hulle albei het dit tog vertel. Dit is wat sy onthou toe sy tussen ʼn klomp papiere die uitdruk van ʼn ou e-pos van haar kry. Hoe Vader hulle Ventershoop toe gestuur het en toe alles voorsien het, selfs die kar, die petrol. Maar hulle het ooreengekom dat hy ook – in sy woorde – van die wonder sou getuig het. Wat het daarvan geword?

Die getuienis 
is ʼn egpaar se verslag van ʼn reis. Dit is die verslag van drome en visioene, van wonderwerke en vloeke, van bloedverwantskappe en sluimerende woede.

Die skrywer Francois Smith doseer Afrikaanse letterkunde en kreatiewe skryfkuns aan die Universiteit van die Vrystaat. Sy debuutroman, Kamphoer (2014), is met die ATKV-Prosaprys en die Sala vir beste debuutwerk bekroon. Voordat hy in 2015 die akademie betree het, het hy sy brood en botter as uitgewersredakteur verdien en het skrywers soos Elsa Joubert, PG du Plessis en Eben Venter begelei. Van sy verhale het in die bloemlesings BlootsKosblikSkarlakenkoors en Op die spoor van verskyn en sy vertaling David Kramer: ʼn Biografie is met ʼn Sala-letterkundeprys bekroon. Hy het ʼn PhD in letterkunde van die Universiteit van Kaapstad, was kortstondig ʼn onderwyser en lank ʼn kunsjoernalis.

Die getuienis het pas by NB-Uitgewers verskyn en dit kos R250 (prys onderworpe aan verandering). Klik hier om die boek aanlyn te koop.

Jonathan Amid het met Francois Smith oor sy roman gesels. Luister hier na die volledige gesprek wat deur Graffiti Boeke aangebied is:

GRAFFITI AANLYNKUIER MET FRANCOIS SMITH

Die getuienis – Francois Smith in gesprek met Jonathan AmidHulle albei het dit tog vertel. Dit is wat sy onthou toe sy tussen 'n klomp papiere die uitdruk van 'n ou e-pos van haar kry. Hoe Vader hulle Ventershoop toe gestuur het en toe alles voorsien het, selfs die kar, die petrol. Maar hulle het ooreengekom dat hy ook – in sy woorde – van die wonder sou getuig het. Wat het daarvan geword?Die getuienis is 'n egpaar se verslag van 'n reis. Dit is die verslag van drome en visioene, van wonderwerke en vloeke, van bloedverwantskappe en sluimerende woede.https://www.graffitiboeke.co.za/af/378613/Boeke

Posted by Graffiti Books & Stationery on Thursday, August 19, 2021

  • Graffiti Boeke se aanlyn kuiers en boekbekendstellings word weekliks op Facebook

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.