Wenners van Milanie Vosloo-dagboek aangewys

Vyf Maroela Media-lesers het elkeen ʼn heruitgawe van Milanie Vosloo se dagboek, Moed vir elke môre, gewen.

Baie geluk aan Carolina Walter, Nadia Jooste, Rachelle Stemmet, Marizka van der Merwe en Marzelle de Klerk wat elkeen binnekort daaglikse inspirasie uit hierdie boek gaan put.

Moed vir elke môre bevat 366 oordenkings wat vroue wil inspireer om elke dag met nuwe moed aan te pak. Met temas soos moed om weer te begin, moed om vrou te wees, moed om te glo, moed om te huil, moed om vas te byt, moed om te kniel en nog vele meer, lei Milanie vroue om hulle ware vrouwees daagliks moedig uit te leef.

Die dagboek kos R249 (prys onderworpe aan verandering) en dit kan by CUM Boeke aangeskaf word.

Hou Maroela Media dop vir nog opwindende kompetisies en skryf in!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.