Wildekanisland

wildekanisland‘n Lokprent van die 2009-rolprent wat op die boek, Where the Wild Things Are, gebaseer is, volg onderaan die berig.

Maurice Sendak

Die aand to Max sy wolweklere aantrek, is hy vol streke en stoutigheid en hy word sonder aandete bed toe gestuur. Maar in sy kamer groei daar ‘n woud. En sy verbeelding neem hom na Wildekanisand, waar hý, die wildste wildeding van almal, die vreeslose koning word.

Max neem deel aan die wildekanisse se wilde pret, maar raak gou verveeld met die nuwe avontuur en seil terug huis toe – waar sy aandete in sy kamer wag, nog steeds warm!

Wildekanisand, oorspronklik bekend in Engels as Where the wild things are, is 50 jaar oud! Nuwe afdrukke van Maurice Sendak se kunswerke maak dié klassieke boek meer spesiaal as ooit tevore.

Hierdie ikoniese werk was die wenner van die 1964 Caldecott-medalje vir die mees vooraanstaande prenteboek van die jaar en gryp al dekades lank kinders en grootmense se verbeelding aan.

Dit is steeds een van die mees geliefde prenteboeke van alle tye ter wêreld.

Hierdie subtiele meesterstuk sal kinders weer en weer teruglok om hulself te kom verwonder aan Sendak se toweragtige teks en prente.

Oor die outeur:
Die boeke wat deur Maurice Sendak geskryf en geïllustreer is, word al vir meer as 40 jaar deur kinders en volwassenes bewonder. Sy werk het gevestigde idees oor wat kinderliteratuur is, en behoort te wees, uitgedaag. Die New York Times het erken dat Sendak “‘n nuwe dimensie aan die Amerikaanse kinderboek gebring het en mense se sieninge oor kindwees verander het”. Hy wen in 1964 die Caldecott-medalje vir Where the Wild Things Are, sy mees bekende werk – in Afrikaans bekend as Wildekanisland. Hy wen ook onder andere die Hans Christiaan Anderson-prys. Maurice Sendak is in 2012 oorlede, in die ouderdom van 84 jaar.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R135-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.