Gedig: Aan ʼn ou boek

Argieffoto (Foto: jarmoluk, Pixabay)

C Louis Leipoldt (1880 – 1947)

Op die solder, waar die rotte
Hulle neste altyd bou,
Waar die vlermuise en motte
Elke aand kommissie hou,
Het ek jou gevinde, ou maat; en jou maters lê daar
nou.

Vóór ons voorgeslag gebore
Was, het mense jou gelees;
Monnik, ridder, lank tevore,
Was met jou al maats gewees,
En hul het hul siek gelag oor al jou vuur en al jou
gees.

Baie jare al gelede
Lê jy op die solder daar,
Rustig in jou rus, tevrede
Met jou lot, van jaar tot jaar.
Ou maat, waarom het die rotte vir ons al jou gees
gespaar?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.