Die beminde ta’ Grietjie wat met “Dis ʼn lekker ou Jan” en die rieldans nuwe skop aan die Afrikaanse kultuur gegee het, is gister oorlede. Brendan Ruiter het dié gedig oor haar geskryf.
deur Brendan Ruiter
Die kappie gooi skadu
oor haar leergesig
almal wag in spanning
gaan sy sing of gaan sy dig
Sy trek sommer los
met lekker ou jan
mense juig saam
Oe! maar die auntie kan
Sy doen die riel
en die namastap
die klippe spat woes
die skare klap
Auntie Grietjie van Garies
sy skitter weer
die gehoor soebat
“Asseblief auntie, doen dit weer!”
Dis pragtig!
Dis pragtig rus sag auntie grietjie van gwarries
Rus sag auntie Grietjie
Ek soek graag die gedig “Die Windpomp” van S V Petersen. Ek is 70 jaar oud en het die gedig in st 5 geleer. Wil vreeslik graag die volle gedig se woorde bekom.
Kan u my help, asseblief?
By voorbaat dank
Wally Fivaz