Gedig: Kierankies braai uit

(Foto: White77/Pixabay)

Santie Nel

Ma, ’n brief asseblief.
Nou wat nou weer hierdie keer?
LO-prakties.
Ag, nee, mapstieks!
Kind, jy kan nie so lyf wegsteek . . .!
Mamma, hou net óp met preek!
Ek’s nog’ie klaar, jy kan jou woorde spaar.
Jou gort is in elke geval gaar!

Juffrou Retief, hier is ’n brief.
Ma’t dit geskryf, glo iets oor my lyf.
Nou wat makeer nou al weer?
Juffrou, sy was vol twak –
het dit sowaar toegeplak . . .
O kakkerlak! Dis baie erg
en gaan baie moeite verg . . .
Juffrou Retief, wat sê die brief?

Diagnose: Skoolsiekrose. Remedie:
Trapterapie met ekstra stimuli.
Juffrou brul: Drie maal om die baan.
Toe-toe! Laat jy gaan.
’n Gewig in elke hand,
dat jou kierankies kan brand!

  • Die gedig is goedgunstig deur NB-Uitgewers verskaf. Dit verskyn in Eisteddfodpret 2 wat deur Gloudine Kellerman en Jonelle du Toit saamgestel is. 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.