Gedig: kruik

pottebakker_klei_stiltetyd_pixabay.jpg

Argieffoto (Foto: Pixabay)

Die volgende gedig is gekies vir publikasie in die AVBOB Poësiebiblioteek en word heruitgegee met die toestemming van die AVBOB Poësieprojek . Om dié biblioteek van meer as 18 000 gedigte in al 11 landstale te besigtig, klik hier.

“kruik” deur Susanne Pike       

jy’s gekuns uit klei
om perfek in my pottersoond te pas

nege maande tydsaam gebak
dat jy nie dalk kraak
of brokkelrig raak nie

toe ek jou, kosbare kruik,
oondvars in my hande hou,
het ek jou sorgvuldig in
nardusolie  gedoop
dat jy in hierdie lewe
van vrede oor kan loop.

  • Ter wille van die konteks van hierdie gedig en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie gedig op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.