Louis Esterhuizen (Geb. 1955)
XV
Na die liefde se sloping
bly dié probleem: hoe om weer
op die kaal erf
te bou, die gekneusde fondasie
op te grawe, te vervang
met ʼn ander,
sodat die nuwe ontwerp
iets ouds dog ook iets bygeleer
demonstreer.
As behoud, die argitektuur
van groei, want dit is
met letsels
wat ons mekaar kies
en bewoon.
BEAUTIFUL!
Met rukke en stote …
Proësie?