Gedig: Lig

Argieffoto (Foto: Pixabay)

Die volgende gedig is gekies vir publikasie in die AVBOB Poësiebiblioteek en word heruitgegee met die toestemming van die AVBOB Poësieprojek . Om dié biblioteek van meer as 18 000 gedigte in al 11 landstale te besigtig, klik hier.

“Lig” deur Annette Snyckers

Vroeg winteroggende
is dit nog donker
wanneer jy opstaan.
Ek lê ʼn bietjie langer
en kyk hoe lig
die kamer binnekruip –
oor ons bed
op teen die wit muur
totdat dit liggies
aan die plafon vat.

Jy bring my tee
drink jou swart koffie
ons lees ʼn rukkie –
nuus uit ons
verskeurde wêreld:
vure en vloed
vlugtelinge
verraad
geboortes en sterftes
onthoofdings.

Verbysterd
vind ek myself
terug
in hierdie kamer
nou randvol
met sonlig
waarin ek sit –
geliefd
geseënd
bo alle begrip.

  • Ter wille van die konteks van hierdie gedig en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie gedig op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.