Gedig: Tyd

antieke_horlosie_2_stiltetyd_pixabay.jpg

Argieffoto (Foto: Pixabay)

Marius Coetzee  

tussen die interval van x en y
lê ʼn greepsel tyd ingeboggel
geïsoleerd
vir dié disseksie
word tyd getemper
vergrype aan die vasgryp van tyd
gaan as ʼn gegewe altoos mis
met die eerste teug
begin die uurglas uitbloei
ongestoord inloop
polsslag vir polsslag
tiek tak tiek tak tiek tiek tiek
matematies korrek
overgesetsynde tyd
stu gulsig voort
en ontbreek
aan eenvoud

tyd fnuik ons
tyd swem in woordstrome
tvd is ʼn krummel wat ʼn brood geword het
tyd se vet wangetjies hou glimlagte teë
tyd is ʼn gesplyte granaat wie se ingewande
vloerlangs lê
tyd is gevange in kontrapuntale tentakels
uitgeloog tussen gisters en môres
dit alles terwyl die hede
in der waarheid
dié poppe laat dans
en dit was aand en dit was môre
en dit was aand en dit was môre
loeb doef loeb doef…

  • Marius Coetzee is pas as die wenner van die Ingrid Jonker L’ Art Poétique-digkompetisie vir 2021 aangewys. Lees hier meer oor die kompetisie.
  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

miche ·

MaroelaMedia, ek is amper seker die spelling van die gedig is hier en daar nie korrek nie.
Die treffende gedig is onder andere op Litnet ook maar spelling verskil aansienlik.

Christa Steyn-Bezuidenhout ·

Dagsê Miche
Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die korrekte skryfwyse van die gedig is bevestig en ons het reeds die aanpassings gemaak.
Groetnis
Christa
Nms. Maroela Media

miche ·

Dankie, ek sien 5 van die 6 spelfoute is reggemaak maar ‘tyd ‘ is ook verkeerd gespel. Dis baie belangrik vir ‘n digter.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.