Gedig: Om voete gee

Argieffoto (Foto: Pexels/Pixabay)

Ilse van Staden (Geb. 1972)

Gee ʼn mens om met jou voete
as jou hart daarin sit
en jou moed in uitgetrapte skoene?
As daar niks anders meer is
om mee lief te hê
soos liefhê moet nie,
is die fyn brug van jou voete
om gewas te word,
nie dán ook goed nie?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.