Gedig: Rou

voetspore_woestyn_stiltetyd_pixabay.jpg

Argieffoto (Foto: Pixabay)

Die volgende gedig is gekies vir publikasie in die AVBOB Poësiebiblioteek en word heruitgegee met die toestemming van die AVBOB Poësieprojek . Om dié biblioteek van meer as 18 000 gedigte in al 11 landstale te besigtig, klik hier.

“Rou” deur Carla de Villiers  

Ek worstel terug op gister se spore
herroep ons onthou-oomblikke
vergeefse drome het saam met jou gesterf
niks is ooit weer dieselfde

my kop sukkel om te aanvaar
ek soek jou steeds in elke gang
wil jou van my dag vertel
dan tref jou weg-wees my, maak my bang

hoe sal ek ooit hierdie verlies verstaan
ek hou myself nutteloos besig
probeer wegskram van weer onthou
hartseer kry daagliks ’n nuwe gesig

rou laat lei my ʼn dubbele lewe,
een waar jy voorgee dat jy staande is
die ander waar jou hart stilweg sterf van pyn
dit hou aan toeneem, dié gemis

trane verwurg my woorde
ek sal smag na jou tot ons weer ontmoet
bly waak teen my groeiende waansin
herinneringe bitter soet

  • Ter wille van die konteks van hierdie gedig en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie gedig op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Tammy ·

hierdie gedig is regtig baie mooi, en sal graag meer wil hoor…presies elke woord in hierdie gedig is my liefde lewe, wel gedaan xx

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.