Die eerste Filmverse , ʼn reeks animasiefilms van Afrikaanse gedigte, is in 2014 uitgereik en het selfs ʼn paar nominasies ontvang, onder meer vir beste visuele kunste-aanbieding by die kykNET Fiëstas en die KKNK Kanna-toekennings.
Die animasiefilms word vervaardig deur die ATKV in samewerking met Fopspeen Moving Pictures en die tweede reeks van Filmverse word nou beplan vir 2016. Belangstellende animeerders wat graag daarvan deel wil wees, moet spring om seker te maak dat hulle die werkswinkels kan bywoon.
Die werkswinkels word op 14 en 15 September in Johannesburg aangebied en op 21 en 22 September in Stellenbosch.
Maroela Media het met Nita Cronje van die ATKV gesels oor die konsep van Filmverse en hoekom hierdie soort projek belangrik is vir die animasiebedryf.
Vir meer besonderhede oor die werkswinkels, kontak Diek Grobler by [email protected], of Nita Cronjé by [email protected]
Filmverse 1 is nog die res van die jaar by die volgende geleenthede te sien:
- Pretoria Kunsvereniging, Pretoria: 27 Julie – 5 Augustus
- SA Book Fair, Newtown: 31 Julie – 2 Augustus
- kykNET Silwerskermfees, Kampsbaai: 26 – 29 Augustus
- Harlekijn en De Zuid-Afrikaanse Dagen, Soest, Nederland: 29 – 30 Augustus
- McGregor Gedigtefees: 27 – 30 Augustus
- Tuin van Digters, Breytenbach Sentrum ,Wellington: 19 en 20 September
- Prins Albert Leesfees: 6 – 8 November
https://www.youtube.com/watch?v=-tBYOO2JZNA&feature=youtu.be
Ek het hierna geluister op Vers en Klank en dit het wonderlik geklink.