Groot pryse in kleuterboek-kompetisie op die spel

As jy nou al begin wonder hoe jy jou kleuters tydens die vakansie gaan besig hou, is dié kompetisie net vir jou bedoel!

NB Uitgewers vier Afrikaans en gaan ʼn stapel boeke weggee aan drie gelukkige Maroela-lesers. Die eerstepryswenner ontvang 10 aktiwiteitsboeke, die tweedepryswenner ontvang vyf aktiwiteitsboeke en die derdepryswenner ontvang drie aktiwiteitsboeke.

Al wat jy moet doen om in aanmerking te kom vir dié lekker pryse is om jou besonderhede in die kompetisievorm onderaan hierdie artikel in te sleutel en die eenvoudige vraag te beantwoord.

Die sluitingsdatum vir die kompetisie is 29 September 2019 om 23:45.

Eerste prys

Met hierdie prettige boek kan kinders plakkerpret hê met 555 plakkers van allerhande skrikwekkende monsters. Van trolle en drake wat vuur spoeg tot zombies en mummies kan kinders verskeie monstertonele skep. Hou klein vingertjies só op die langpad besig!

Met hierdie prettige boek kan kinders plakkerpret hê met 555 plakkers van diere van dwarsoor die wêreld. Van ’n uitstappie op die plaas tot ’n opwindende safari kan kinders verskeie dieretonele skep. Hou klein vingertjies só op die langpad besig!

Met hierdie opwindende aktiwiteitsboek soek die kind nie net die regte pad deur elke doolhof nie, maar leer ook speel-speel tel. Die pen word gebruik om die regte hoeveelheid items in die sirkels neer te skryf en die skoonveepapier maak dit maklik om ’n fout uit te vee en oor te begin. ’n Reuse-plakkaat word ingesluit!

Soek die paadjie! Vlak 2 bevat ietwat moeiliker doolhowe en meer items om te tel. Met hierdie opwindende aktiwiteitsboek soek die kind nie net die regte pad deur elke doolhof nie, maar leer ook speel-speel tel. Die pen word gebruik om die regte hoeveelheid items in die sirkels neer te skryf en die skoonveepapier maak dit maklik om ’n fout uit te vee en oor te begin. ’n Reuse-plakkaat word ingesluit!

Hierdie atlas is vol fassinerende feite, geïllustreerde kaarte, pragtige tekeninge en fantastiese foto’s oor die ruimte. Dit bevat ook plakkers om op die uitvoubare plakkaat en in die boek te plak. Hierdie atlas leer kinders van verskeie aspekte, onder andere planete en sterre. Maak reg vir ‘n reis na die ruimte!

Met hierdie aktiwiteitsboek kan kinders se hand-oog-koördinasie en telvermoë ontwikkel word, terwyl hulle vir ure besig gehou word. Aktiwiteite sluit in teken en inkleur, soek die verskille, patroonherkenning, doolhowe, verbind die kolle, natrek en meer! Die verwyderbare bladsye bevat aktiwiteite aan die voor- en agterkant om ’n lekker leer-ervaring te verseker!

Hierdie boek bevat fassinerende dieretonele, met diere uit Afrika, asook plaasdiere en seediere en vele meer. Kinders kan meer as 1 000 items in die dieretonele soek terwyl telvermoë ontwikkel word. Hierdie boek is perfek om kinders vir ure besig te hou!

Hierdie unieke vouboek bevat verskeie historiese tonele met allerhande goed om te soek en vind. Dit moedig kinders terselfdertyd aan om van 1 tot 10 te tel en stel hulle bekend aan verskillende historiese tydperke!

Kinders vanaf 2 jaar gaan hope pret hê met die oulike tonele in hierdie boek wat hulle kan inkleur en met plakkers versier. Die boek sluit 100 plakkers in wat spesiaal vir klein handjies gemaak is. So leer kinders speel-speel meer oor allerhande soorte voertuie. Boonop help die boek kinders om hul waarnemingsvermoë en fyn motoriese vaardighede te ontwikkel deur in te kleur en die korrekte plakkers te kies en te plak.

Tweede prys

Met hierdie prettige boek kan kinders plakkerpret hê met 555 plakkers van allerhande soorte en groottes voertuie. Skep tonele van besige strate en stasies tot warmlugballonne en ‘n ruimte-avontuur! Hou klein handjies so op die langpad besig!

Hierdie atlas is vol fassinerende feite, geïllustreerde kaarte, pragtige tekeninge en fantastiese foto’s oor dinosourusse. Dit bevat ook plakkers om op die uitvoubare plakkaat en in die boek te plak. Hierdie atlas leer kinders van die verskeie tydperke waarin dinosourusse gelewe het, asook die verskillende dinosourusse wat in hierdie tydperke voorgekom het. Maak reg vir ’n reis na die verlede!

Met hierdie aktiwiteitsboek kan kinders se hand-oog-koördinasie en telvermoë ontwikkel word, terwyl hulle vir ure besig gehou word. Aktiwiteite sluit in teken en inkleur, soek die verskille, patroonherkenning, doolhowe, verbind die kolle, natrek en meer! Die verwyderbare bladsye bevat aktiwiteite aan die voor- en agterkant wat ’n lekker leer-ervaring verseker.

Hierdie boek bevat fassinerende ruimtetonele, met vreemde planete en fantastiese ruimtetuie. Kinders kan meer as 1 000 items in die ruimtetonele soek terwyl telvermoë ontwikkel word. Hierdie boek is perfek om kinders vir ure besig te hou!

Kinders vanaf 2 jaar gaan hope pret hê met die oulike tonele in hierdie boek wat hulle kan inkleur en met plakkers versier. Die boek sluit 100 plakkers in wat spesiaal vir klein handjies gemaak is. So leer kinders speel-speel meer oor allerhande soorte voertuie. Boonop help die boek kinders om hul waarnemingsvermoë en fyn motoriese vaardighede te ontwikkel deur in te kleur en die korrekte plakkers te kies en te plak.

Derde prys

Met hierdie prettige boek kan kinders plakkerpret hê met 555 plakkers van perde en towerponies. Skep tonele in die towerwoud, op die reënboogbrug en by die ponieparade en ontmoet al die diere wat in die towerwoud woon. Hou klein handjies so op die langpad besig!

Hierdie unieke vouboek bevat verskeie dieretonele met allerhande goed om te soek en vind. Dit moedig kinders terselfdertyd aan om van 1 tot 10 te tel en stel hulle bekend aan verskillende soorte diere.

Kinders vanaf 2 jaar gaan hope pret hê met die oulike tonele in hierdie boek wat hulle kan inkleur en met plakkers versier. Die boek sluit 100 plakkers in wat spesiaal vir klein handjies gemaak is. So leer kinders speel-speel meer oor allerhande soorte voertuie. Boonop help die boek kinders om hul waarnemingsvermoë en fyn motoriese vaardighede te ontwikkel deur in te kleur en die korrekte plakkers te kies en te plak.

Bly op hoogte van NB Uitgewers se jongste boeke:
Facebook
Instagram
Twitter

Die kompetisie het gesluit.

Bepalings en voorwaardes

  • Die drie wenners sal deur middel van ʼn gelukkige trekking aangewys word.
  • Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen verdere korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • Die trekking sal op 30 September 2019 plaasvind waarna die wenners per e-pos gekontak sal word.
  • Indien enige van die betrokke persone nie binne 48 uur reageer nie, sal ʼn volgende wenner aangewys word en die oorspronklike wenner sal die prys verbeur.
  • Sodra alle wenners reageer het, sal hul name op sosiale media en op Maroela Media bekendgemaak word.
  • Die pryse word per koerier deur NB Uitgewers versend.
  • Die pryse kan nie vir kontant omgeruil word nie.
  • Geen wysigings aan die betrokke boekpak vir eerste-, tweede- of derdepryswenner is moontlik nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.