Uitdrukking: Die dag as my skip inkom

Foto ter illustrasie. (Foto: Pixabay/Pexels)

Uitdrukking:
Die dag as my skip kom of inkom.

Betekenis:
Wanneer jy in die toekoms moontlik baie geld gaan kry.

Waar kom dit vandaan?
Spreekwoorde en ander segswyses skryf dat hierdie uitdrukking betrekking het op ʼn bloeitydperk in die Nederlandse skeepvaart en handel. As iemand se skip in daardie tyd ingekom het, was dit “gelaai met eksotiese ware uit ander wêrelddele wat teen ʼn goeie wins van die hand gesit kon word”.

Bron: Spreekwoorde en ander segswyses

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.