Uitdrukking:
Die swaard van Damokles
Betekenis:
‘n Dreigende gevaar
Waar kom dit vandaan?
‘n Dreigende gevaar, maar wat jy elke oomblik oor jouself kan bring deur die verkeerde ding te doen. Dié tweede deel van die gesegde word nie dikwels beklemtoon nie, maar dreigende gevaar alleen beteken nie noodwendig dat dié besondere swaard oor jou kop hang nie.
Damokles was ‘n lid van die hof van koning Dionusios van Sirakuse in Sicilië. Hy het eenkeer teenoor sy koning opgemerk dat heersers baie gelukkig moet wees, aangesien hulle deur soveel rykdom, prag en praal omring is.
Die koning was ‘n tiran, en om Damokles ‘n les te leer, het hy hom na ‘n feesmaal genooi. Damokles het dit baie geniet totdat hy opgekyk het. Bokant sy kop het ‘n vlymskerp swaard aan ‘n enkele perdehaar gehang. Dit moes as les vir hom dien dat die koning se lewe dikwels net so onseker as dié van sy onderdane is. Een verkeerde beweging en die dreigende gevaar kon ‘n werklike gevaar word.
Baie interresant Dankie