Uitdrukking:
donkiejare laas
Betekenis:
baie lank gelede
Waar kom dit vandaan?
Hierdie donkiejare is ʼn vertaling van ʼn flater wat reeds in die Engelse weergawe sit. Die uitdrukking lyk nou onlogies, aangesien die jare van ʼn donkie nie noodwendig so lank is as wat ʼn mens sou dink nie.
In Engels is dit beslis donkey’s years, maar dit was oorspronklik as long as donkey’s ears, dus so lank as die ore van die donkie.
Dit het reeds daar verbrou geraak tot donkey’s years en ons het blindelings in Afrikaans vertaal.
Bron: Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom
- Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red
Die ou 2 gesiggies is darem te dierbaar! Interessante een want ons het in skool ook geleer van daokie jare terug en nooit geweet dit gaan oor die donkie ore se lengte nie.
Die “blindelings uit Engels vertaal”is iets wat ons deesdae nogal dikwels teekom – selfs hier op MM.