Uitdrukking:
Hare op jou tande hê
Betekenis:
Baie deursettingsvermoë/durf hê
Waar kom dit vandaan?
Die Switsers was die eerste bekende huursoldate en hulle sou by enige leër aansluit as die besoldiging reg was. In teenstelling met hulle neutrale beeld van vandag as koekoekklokmakers, was hulle kranige krygers wat gevrees is vanweë hulle onverskrokkenheid. Om hierdie beeld verder te bevorder, het hulle woeste snorre gekweek wat hulle lippe en ook tande grotendeels verberg het. Dit het die vyand laat besluit dat iemand wat hare op sy tande het, nie vir die duiwel sou stuit nie.
“Hare op jou tande hê”…ek weet nie of “Uithouvermoè” heel te maal `n goeie verduideliking is nie…vir doeleindes van ordentlikheid, ja – wel..
Ontleed dit: wanneer het jy hare op jou tande? Goeie vraag ….
Ek het al die tyd gedink, hare op tande beteken teësinnig, sien nie daarna uit om iets te doen nie?