Uitdrukking: Hygend hert!

Foto ter illustrasie (Foto: Nathan Bingle/Unsplash)

Uitdrukking:
Hygend hert!

Betekenis:
Uitroep van verbasing of verslaentheid: “Nee, o hygend, dit kan nie wees nie!”

Waar kom dit vandaan?
Ons gebruik die uitdrukking sonder enige verband met die betekenis daarvan in die Bybel. Dit is ontleen aan die Nederlandse beryming van Psalm 42:1: “’t Hijgend hert, de jacht ontkomen”. Die digter verlang sterk na die nabyheid van God, soos ʼn wildsbok na water. Dat die bok uit ʼn jagter se agtervolging ontsnap het, is die Nederlandse berymer se verbeeldingsvlug, wat nie deur ons Afrikaanse berymers, Totius en TT Cloete, nagevolg is nie.

Die spreekwoord soos wat ons dit vandag gebruik dra egter nie ʼn godsdienstige betekenis nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.