Uitdrukking:
Iemand in die maling neem
Betekenis:
Iemand vir die gek hou
Waar kom dit vandaan?
Een van die betekenisse van Nederlands maling is “maalstroom van gedagtes” – dus om iemand deurmekaar te maak, of ʼn “loopje te nemen” met iemand; iemand op ʼn dwaalspoor te lei.