Uitdrukking: In menseheugenis

Argieffoto (Foto: Robin Higgins/Pixabay)

Uitdrukking:
In menseheugenis

Betekenis:
Vir solank terug as wat ʼn mens kan onthou, of vir solank as wat ʼn mens jou kan herinner.

Waar kom dit vandaan?
“Heugenis” is ʼn argaïese woord in Afrikaans wat na herinneringe of ʼn gedagtenis aan iets verwys. Die woord is van die Nederlandse werkwoord heugen afgelei. “Menseheugenis” verwys dan spesifiek na die geheue of herinneringe van mense.

  • Dit was die ergste oorstromings en vloedskade in menseheugenis.
  • Die paaie was in menseheugenis nog nie so besig op Paasnaweek soos hierdie jaar nie.
  • Oor die jare het kontreitaal en staaltjies uit menseheugenis verdwyn soos wat die gemeenskap begin uitsterf het.

Bronne: Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT), Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT), Spreekwoorde en ander segswyses

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.