Betekenis:
Goed, ek neem dit aan. Ek stem saam.
Waar kom dit vandaan?
Vroeër het koper en verkoper by die afhandeling van ‘n transaksie mekaar se vingertoppe aangeraak; dié moontlike verklaring word versterk deur ‘n vermelding dat Griekse kinders op die eiland Lesbos hulle wysvingers teen mekaar druk as teken van vrede ná onenigheid in ‘n speletjie.
Wat ‘n heerlike aanlyn publikasie! Ek geniet dit so – baie baie dankie vir die keurige taalgebruik!