Uitdrukking:
Wat sê Horak?
Betekenis:
Gevra wanneer iets betwyfel word wat iemand gesê het.
Waar kom dit vandaan?
Ene mnr. Horak, wat in die Paarl gebly het, het begin agterkom dat die predikant Sondae sy preek só maak dat die hele gemeente besef dat dit op Horak en sy doen en late gemik is! (Waarskynlik meer op sy doen as op sy late).
Natuurlik was ou Horak glad nie te vinde hiervoor nie!
Sondae het mnr. Horak by die kerkdeur gestaan, en as die dominee iets beskuldigend sê, het ou Horak van daar agter af kliphard geroep: “As dit maar waar is!”
Naderhand het die mense – wanneer hulle getwyfel het of iets waar is – eers gevra: “Wat sê Horak?”
Die gebruik om te sê “Wat sê Horak?” wanneer jy die feite van ʼn storie bevraagteken, het vandag bykans uitgesterf omdat niemand meer die verband met mnr. Horak van die Paarl kan lê nie.
Deel van Idiome en Uitdrukkings
Ja wel ons sou vandag kon vra Wat se Zuma? Want wat ookal hy kwytraak is die teenoorgestelde van feite!!!
Wanneer Oupa Basie Stander van George aan die feite getwyfel het, het hy gesê ” Dit was seker al lank al.” Ons familie gebruik die nog steeds.