Het jy geweet?
Die woord “bokappel” word gebruik as jy verwys na kalwers of lammers wat uitbundig, laf rondspring sodat die agterbene agterop skop.
Hierdie uitdrukking is ingestuur as deel van VivA se Varsgebek-inisiatief. Stuur jou onopgetekende woord of jou sêding en dit word dalk opgeteken vir die nageslag. VivA se Varsgebek-inisiatief verseker dat ons taalskatte nie verlore raak nie!
Stuur jou boodskap aan: [email protected]
*Varsgebekkig is ʼn projek van Maroela Media, Afrikaans.com en die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA).
Hoe spreek mens die woord uit?
Bok-appel?
Bô-kappel?
Sal dit graag wil gebruik as die rooibokkies in die wildtuin so bokappel. Mooi woord.