Klara du Plessis wen gesogte Kanada-toekenning vir digkuns

Klara du Plessis se digbundel, Ekke, is in Kanada bekroon met die Pat Lowther Memorial Award.

Dié toekenning word uitgereik aan ʼn boek digkuns deur ʼn Kanadese vrou en is ter nagedagtenis aan wyle Pat Lowther, wie se loopbaan kortgeknip is deur haar ontydige dood in 1975. Du Plessis ontvang ʼn kontantprys van $2 000.

Sy is in Montreal gebore, maar het grootliks in Bloemfontein grootgeword. Sy skryf in Afrikaans en Engels. Ekke is haar debuutversameling en was ook op die kortlys vir die Gerald Lampert-toekenning.

Sy het aan Montreal se Concordia University gegradueer waar sy haar PhD in Engelse Letterkunde ontvang het. Sy is die redakteur van die Quebec Writers’ Federation se aanlyn literêre joernaal, Carte Blanche.

Die beoordelaars het gesê Du Plessis se poësieversameling verken die veelvoudigheid van die self deur taal met ʼn oorgangsruimte tussen Suid-Afrika en Kanada. Dit is verhalende gedigte.

Lees ‘n uittreksel uit haar digbundel hier

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Adri ·

Wat beteken die sin: “Die toekenning word uitgereik aan ‘n boek digkuns van ‘n Kanadese vrou”?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.