Die Noord-Kaap is vanjaar die provinsie met die beste spellers. Tien van die dertig pryswenners in die Sanlam WOW Spelkompetisie se eindronde vir Afrikaans Huistaal kom uit dié provinsie.
Die Wes-Kaap is tweede met agt wenners en Gauteng spog met vyf.
In die eindronde het tussen 28 en 36 leerders per graad hul spelvermoë kom toets. Al nege provinsies is deur die graad 1 tot 10 deelnemers verteenwoordig.
Dit was ook die eindronde van die spelkompetisie vir Graad 6 en 9 leerders wat Afrikaans as eerste addisionele taal op skool neem. Hier het die Wes-Kapenaars gewys waar Dawid die wortels gegrawe het.
“Meer as 6 000 kinders het van skool-, kring-, distrik- en provinsiale vlak deelgeneem om ons van dag tot hier te bring,” het Saartjie Botha, direkteur van die US Woordfees (wat die WOW-projek insluit), tydens die prysuitdeling gesê.
Die leerders se uitsonderlike vermoë om reg te spel het die dag se program met sowat ’n uur oor die beplande tyd laat loop omdat verskeie grade net nie tot ’n wenner kon kom nie. Die drie finaliste per graad uit elk van die nege provinsies het in rondes gespel. Sodra ’n fout begaan is, het die deelnemer uitgeval. Selfs die Graad 2- en 3-leerders het byna drie uur aaneen gespel voordat ’n wenner aangewys kon word.
Fiona van Kerwel, die WOW-projekbestuurder, het ook die onderwysers wat as vrywilligers betrokke is en toesien dat die kompetisie van skoolvlak tot met die nasionale ronde glad verloop, bedank vir hul tyd en onbaatsugtige opoffering.
Frank Louw, van die hoofborg, Sanlam, se afdeling vir Korporatiewe Sosiale Betrokkenheid, het gesê hulle steun die projek omdat dit syfervaardigheid en geletterdheid vir Sanlam baie na aan die hart lê.
Wenners het elkeen ’n kontantprys en medalje van Sanlam ontvang, asook ’n boekprys van NB Uitgewers. Die eersteplek-wenners het ook elkeen ’n iPad (graad 1-5) of ʼn slimfoon (graad 6-9) gekry. Ander borge sluit in kykNET, die Dagbreek Trust en Het Jan Marais Nationale Fonds.
Die Sanlam WOW Spelkompetisie is nou in sy elfde jaar. WOW, ’n akroniem vir Woorde Open Wêrelde, het ten doel om ’n liefde vir lees en woorde by leerders te kweek. Die projek help ook jaarliks sowat dertien behoeftige leerders aan die Universiteit van Stellenbosch deur die beskikbaar stel van aanvullende beurse.
Die Sanlam WOW Spelfees vir 2018 het reeds geopen. Besoek gerus www.woordfees.co.za en klik op WOW.
Nasionale wenners per graad (Afrikaans Huistaal)
Graad 1
- Annique Herendorfer – Alpha Primêr, De Aar, Noord-Kaap
- Lee-Ann Wolmarans – Alpha Primêr, De Aar, Noord-Kaap
- Cleche Kleinbooi – Hillcrest Primêr, Port Elizabeth, Oos-Kaap
Graad 2
- Caitlyn van Wyk – St. Cyprians Primêr, Nababeep, Noord-Kaap
- Peter Geldenhuys – L/s Louw Geldenhuys, Linden, Gauteng
- Pieter Kruger – Laerskool Mooirivier, Potchefstroom, Noordwes
Graad 3
- Mia Symmington – L/s Jan van Riebeek, Kaapstad, Wes-Kaap
- Dakota Coetzee – Laerskool Roodekrans, Roodepoort, Gauteng
- Danelle Delport – Laerskool Eureka, Kimberley, Noord-Kaap
Graad 4
- Anja Strauss – L/s Op die Voorpos, Upington, Noord-Kaap
- Rico Vosloo – Laerskool Fairland Randburg, Gauteng
- Marceline Snyders – Rosendal Primêr, Upington, Noord-Kaap
Graad 5
- Millah Spamer – L/s Worcester-Noord, Worcester, Wes-Kaap
- Leandro de Carvallo – Laerskool De Aar, De Aar, Noord-Kaap
- Stefan Burden – Laerskool Worcester, Worcester, Wes-Kaap
Graad 6
- Alexa Viljoen – L/s Worcester-Noord, Worcester, Wes-Kaap
- Amber Crafford – L/s Hendrik Louw, Strand, Wes-Kaap
- Karla van Wyk – Laerskool Swellendam, Swellendam, Wes-Kaap
Graad 7
- Jo-Mari Nell – Dr. Izak van Niekerk, Springbok, Noord-Kaap
- Carla Crous – Sentrale Volkskool, Kroonstad, Vrystaat
- Niné van Niekerk – Laerskool Kanonkop, Middelburg, Mpumalanga
Graad 8
- William Hartley – Schoonspruit Sekondêr , Malmesbury, Wes-Kaap
- Suné Botha – Hoërskool Randburg, Randburg, Gauteng
- Iwan Immelman – HTS Witbank, Witbank, Mpumalanga
Graad 9
- Sigourney van Heerden – Namakwaland H/s, Springbok, Noord-Kaap
- Kayla J. van Rensburg – Hoërskool Randburg, Randburg, Gauteng
- Lucille Carmen Bray – AHS Kroonstand, Kroonstad, Vrystaat
Graad 10
- Jonathan Faro – St Cyprians Primêr, Nababeep, Noord-Kaap
- Chanté Klaase – Hoërskool Vredendal, Vredendal, Wes-Kaap
- Franco Smit – Hoërskool Sentraal, Bloemfontein, Vrystaat
Nasionale wenners per graad (Afrikaans eerste addisionele taal)
Graad 6
- Triston Tieling – Hermes Primêr, Atlantis, Wes-Kaap
- Michelle Kandondo – Laerskool Elsburg, Port Elizabeth, Oos-Kaap
- Deonesha Sanna – Astra Primêr, Germiston, Gauteng
Graad 9
- Leandré Kamm – Atlantis Primêr, Atlantis, Wes-Kaap
- Amy Classen – Atlantis Primêr, Atlantis, Wes-Kaap
- Waylin van Wyk – Bethelsdorp Sekondêr, Bethelsdorp, Oos-Kaap
Foto:
Agter: Anja Strauss (Laerskool Op die Voorpos, Upington), William Hartley (Schoonspruit Sekondêr, Malmesbury), Mia Symmington (Laerskool Jan van Riebeek, Kaapstad), Millah Spamer (Laerskool Worcester-Noord, Worcester), Sigourney van Heerden (Namakwaland Hoërskool, Springbok), Alexa Viljoen (Laerskool Worcester-Noord, Worcester), Jo-Mari Nell (Dr. Izak van Niekerk, Springbok), Triston Tieling (Hermes Primêr, Atlantis) en Jonathan Faro (St Cyprians Primêr, Nababeep).
Voor: Annique Herendorfer (Alpha Primêr, De Aar) en Caitlyn van Wyk (St. Cyprians Primêr, Nababeep).
(Afwesig: Leandré Kamm, Atlantis Primêr, Atlantis).
Ons het hulle nodig op Face Book. Dis regtig skokkend om te sien hoe mense spel, en nie net in Afrikaans nie maar ook in Engels. Ek dan gebruik hulle dit nog vir advertensies om besigheid te kry!!
Baie goed gedoen aan die leerders. Julle hou ons Afrikaanse taal lewendig!!
Jonathan Faro is van die Hoërskool Nababeep in Nababeeo, Noord-Kaap.