ʼn Vuur wat deur iemand gemaak is, kan ʼn brand word wanneer byvoorbeeld die veld aan die brand raak [NIE: aan die brand slaan] en dan skade aanrig.
ʼn Brand breek uit of word gestig en dit kan buite beheer raak, buite bedwang woed, handuit ruk of onkeerbaar word en daarna bestry, geblus, in bedwang gebring, bedwing of onder beheer gekry word.
Waar voorbrande gemaak word om te verhinder dat ʼn brand verder versprei, word gesê die brand word beheer
fire-works
(letterlik) vuurwerk of vuurwerkvertoning [NIE: vuurwerke]
(figuurlik) die vonke het gespat
Bron: Skryf Afrikaans van A tot Z: Die essensiële gids vir taalgebruikers (SAAZ)
- Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red