Taalgebruik: flenters

Argieffoto (Foto: ErikaWittlieb/Pixabay)

Woord:
flenters

Betekenis:
1
 Aan flenters, baie stukkend: Sy klere is flenters. ≈ ʼn Flenterse baadjie (Die Burger). Hy het die ring flenters gekap (I.D. du Plessis). Die waskom lê daar flenters. Sy hart het flenters in hom geword (W.A. de Klerk).
2 (jukskei) Gebars: Hulle is flenters.
3 (nie algemeen) As versterking by wederkerende werkwoorde; dood-, morsdood, boeglam: Ek het my flenters gelag vir die snaakse hoed wat sy opgehad het, ʼn boggeltjie, ʼn kleintjie, ʼn papie gelag.

Hierdie interessante brokkie verskyn in die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Ondersteun gerus hulle Borg ʼn Woord-projek.

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.